Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive



SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA

SARLNUUS SONDAG 23 SEPTEMBER 2007

U luister na ZS6SRL die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Om na oudio via die web, of dmv. Echolink deur ZS6FCS te luister, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die koppelings soos aangedui.

Hierdie, en vorige bulletins, kan ook van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is Johan, ZS6JPN, vanuit Pretoria met herleidings op 51,400, 10,135, 7,066 en 3,695 MHz asook 438,825 en 1 297 MHz in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

STIL SLEUTELs

Dit is met leedwese dat ons die onlangse afsterwe van twee radioamateurs moet aankondig.

George Cooke, ZS1JD, is op 5 September weens hartversaking in die ouderdom van 81 jaar oorlede. Ons innige meegevoel gaan sy eggenote Aileen, ander familie en sy baie vriende.

Jock Perrett, ZS1ZI, is op donderdag 13 September oorlede. Ook aan sy familie en vriende, ons innige meegevoel.

(POUSE)

In die nuus vandag:

NEEM JOU HANDDRAAGSTEL NA WERK

HERSIENING VAN DIE SARL SE STUDIEGIDS

BESPREKING OOR BACAR INGESLUIT IN SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

NEEM JOU HANDDRAAGSTEL NA WERK OP 5 OKTOBER

Vrydag 5 Oktober is die SARL se Nasionale Neem Jou Handdraagstel na Werk-dag. Die doel daarmee is om publieke bewustheid vir amateurradio, en die tegnieke wat dit insluit, aan te wakker.

Baie herhalers sal deur middel van IRLP (die “Internet Radio Linking Project”) regoor die land met mekaar verbind word. Op hierdie stadium weet ons dat die volgende gebiede ingesluit sal word: Pretoria, Johannesburg, Sandton, Kempton Park, Middelburg Mpumalanga; Nelspruit/Witrivier, Durban, Harrismith en Kaapstad.

IRLP is ‘n betroubare en goedkoop amateurradiokoppelingstelsel sonder die gebruik van RF-koppelings, gehuurde lyne of satelliete. IRLP maak gebruik van spraak oor internetprotokol (Eng. VoIP) gebruiklike sagteware en hardeware. Met gebruik van die krag van Internet, koppel IRLP herhalers of simpleksstasies węreldwyd op ‘n eenvoudige en koste-effektiewe manier. IRLP funksioneer deur middel van ‘n węreldwye netwerk van doelgerigte bedieners en nodusse wat baie stabiele spraakkommunikasie tussen dorpe en stede bied.

Indien jy nie op 5 Oktober by die werk sal wees nie, of afgetree het, kom op die lug en deel jou ondervindings met ander radioamateurs wat van hul werkplek af sal praat.

RTA-LESINGS NOU OP DIE WEB BESKIKBAAR

Die eerste van die lesings wat tydens die SARL se Radiotegnologie-in-Aksiedae aangebied is, is nou op die web beskikbaar. Die lesings is in PDF-formaat en kan afgelaai word om op die skerm te lees of uitgedruk te word. Besoek die RTA-afdeling van die web op ‘n gereelde basis aangesien lesings gedurende die volgende twee weke bygevoeg sal word. Die adres is www.sarl.org.za, klik op aktiwiteit en dan op RTA.

HERSIENING VAN DIE SARL SE STUDIEGIDS

Die SARL is in die proses om verbeterings aan die SARL se RAE Studiegids aan te bring. Die doel van die redigeringsproses is oa. om besonderhede van die lisensievoorwaardes op te dateer, spelfoute reg te stel en ‘n hoofstuk oor digitale kommunikasie in te sluit.

Dosente word versoek om hulle kommentaar en enige veranderings wat hulle graag ingesluit wil hę, en wat teen die einde van vanjaar op die web beskikbaar gestel gaan word, in te stuur. Maar, voordat u dit instuur, bring uself op hoogte van die HAREC-sillabus, wat ook op die web beskikbaar is.

Stuur asb. u kommentaar aan Colin de Villiers met “Study Guide” in die onderwerplyn. U inset sal erken en aan die hersieningspan aangestuur word. Colin se e-posadres is devilc@mweb.co.za. Die sluitingsdatum vir kommentaar is 30 September 2007, dus net een week vanaf vandag.

BESPREKING OOR BACAR INGESLUIT IN SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM

‘n Bespreking oor die herinstelling van die BACAR-projek sal ingesluit word in die agenda van SA AMSAT se Ruimtesimposium. Die simposium sal op Staredag 6 Oktober by die SARL Nasionale Amateurradiosentrum gehou word. BACAR is die akroniem vir “Balloon Carrying Amateur Radio”, ‘n projek wat ‘n aantal jare gelede vir opwinding gesorg het. ‘n BACAR-aktiwiteit word vir vroeg volgende jaar in die vooruitsig gestel.

Sdaar is ook baie ander interessante aanbiedings en besprekings op die agenda. Bespreek nou deur die registrasievorm wat op www.amsatsa.org.za beskikbaar is. Die registrasiefooi sluit die kostes vir verversings en middagete in.

DIE SARL/HMO-BAKENPROJEK SAL TYDENS EERSKOMENDE INTEGNET BESPREEK WORD

Die volgende Integnet sal op 7 Oktober, beginnende om 20:00 SAT, plaasvind. DR Lee-Anne McKinnell, ZS2LAW, en John Willescroft, ZS6EF, aspekte van die SARL/HMO-bakenprojek, wat binnekort ‘n aanvang sal neem, toelig. Hulle sal fokus op die ontwerp van die bakens en op, verskeie van die navorsingsaspekte. Vind uit hoe jy tot voortplantingsnavorsing kan bydra. ‘n PowerPoint-aanbieding sal gedurende die bespreking gebruik word. Dié aanbieding sal gedurende hierdie week op die SARL se web beskikbaar kom.

KOMPETISIENUUS

Hier volg die uitslae van twee onlangs gehoue kompetisies:

SARL 40 meter Mobiele Kompetisie.

Die uitslae van die SARL 40 Meter Mobiele Kompetisie wat op 12 Augustus gehou is, is as volg:

1ste Gerhard, ZS3TG - 438 punte;
2de Deon, ZS1AFU - 197 punte;
3de Koos, ZS1KWV - 181 punte;
4de Paul, ZS6PR - 141 punte;
5de Jan, ZS4JAN - 111 punte.

'n Kontrolelog is vanaf Eddie, ZS6BNE, ontvang.

SARL HF GG Kompetisie.

Die uitslae vir hierdie kompetisie, waarvoor sewe logs ontvang is, is as volg:

1ste Allan, ZS1AAX, en Vidi, ZS1EL, met 64 punte elk;
2de Hans, ZS6KR, en Ed, ZS6UT, met 60 punte elk;
3de Jan, ZS4JAN, met 58 punte;
4de Gary, ZS5NK, met 50 punte;
5de Wesrand ARK, met 36 punte.

In die Klubkompetisie vir GG neem Pretoria ARK eerste plek met 120 punte, gevolg deur die Kaapstad ARS en die Overberg ARK met 64 punte elk, die Bloemfontein RAK met 58 punte, Highway ARK met 50 punte en die Wesrand ARK met 36 punte.

Die volledige uitslae verskyn in HF Happenings 268.

Aangaande die SARL BHF/UHF-kompetisie. Maak asseblief 'n nota van die korrekte adres vir jou logstate. Stuur dit per e-pos aan zs6pjb@gmail.com en vir slakkepos gebruik Posbus 4452, Witrivier, 1240. MOET ASSEBLIEF NIE die adres in die 2007 Kompetisieboek gebruik nie.

SARL-KOMPETISIEHANDBOEK

Die SARL se Kompetisiehandboek moet vir gebruik in 2008 hersien word. Die kompetisiebestuurder kommentaar en voorstelle van amateurs en klubs in aangaande die verskillende kompetisies sowel as voorstelle vir enige nuwe kompetisies wat ingestel moet word. Dit si vir sowel SARL- as klubkompetisies; miskien provinsiale QSO-partye en meer BHF-sprints.

Stuur u voorstelle en kommentaar teen 20 Oktober aan hfcontests@netactive.co.za..

SAATI AJV

Die Algemene Jaarvergadering van SAATI vind plaas op Saterdag 6 Oktober om 14:00 SAT by die klubhuis van die Centurion Amateurradioklub op die hoek van Duncan- en Prospectstrate, Pretoria. Almal is welkom en die vergadering al gevolg word deur ‘n bring-en-braai waarvoor SAATI die drinkbare RF sal voorsien.

HF-VOORTPLANTINGSTOESTANDE

Hannes Coetzee, ZS6BZP, ons gereelde voorspeller sal vir twee weke uitstedig wees, en die volgende is deur Hans, ZS6AKV, opgestel:

Die huidige geomagnetiese toestande is ongetsadig. ‘n koronale gat op die sonskyf kom in ‘n geo-effektiewe pososie wat beteken dat HF-toestande versteur kan word.

Huidige voorspellings dui op ‘n interessante neiging met laatmiddag- en vroegaandopeninge na na Europa op 10, 15 1n 20 meter. Australië kan rondom 06:00 in fokus kom wanneer openinge op 20 m belowend lyk. Om 20:00 kan openinge op 40 m verwag word, maar aangesien dit in die middel van die nag oor meeste dele van Australië is, sal dit slegs die mees toegewyde DXers wees wat gehoor mag word.

Vanaf ongeveer 14:00 mag die 20 m-band in die rigting van Indië oopmaak. Die weskus van die VSA mag mag interessante DX-geleenthede vanaf ongeveer 14:00 op 20 m bied en ‘n uur of twee later op 15 m.

Amateur Radio Mirror International het verskeie interessante verslae van kortgolfluisteraars ontvang waarin gesę word dat die uitsending om 10:00 op 17 590 kHz goed in Israel en Italië ontvang is. Ja, wel, dit is vanaf ‘n 250 kW sender, maar met ‘n antenna wat Afrika bevoordeel.

Die HF-bande is op die beste van tye maar wisselend. Wanner jy die geleentheid kry, roep CQ DX, jy weet nooit nie, die persoon aan die anderkant van die węreld mag net op daardie tydstip luister. Indien ons almal net luister sal ons nooit weet wanneer die bande oopmaak nie. Vir meer voorspellings, besoek www.spacewaether.co.za.

DAGBOEK VAN GEBEURE

23 September, vandag tot 12:00 – Laaste geleentheid om punte te verdien of weg te gee in die BHF/UHF-kompetisie;
29 September – Dames Alleen ZU-RAE-kursus deur die Kempton Park RATV;
29 September – Pretoria ARK se snuffelmark en AJV;
30 September – Laaste dag vir kommentaar oor RAE-studiegids:
4 - 10 Oktober - Spesiale ruimteprogram;
5 Oktober – Neem jou handdraagstel na die werk dag;
6 Oktober - SA AMSAT Ruimtekonferensie;
6 Oktober – Oosrand Amateurradioklub se vlooimark en AJV;
6 Oktober – SAATI AJV;
7 Oktober – Integnet;
18 Oktober - Klas A RAE;
20 Oktober – Kommentaar oor SARL 2008 Kompetisiehandboek moet ingestuur wees.

Sarlnuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz, te luister. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003